Venaani vererg hom vir Nujoma in parlement

Dinge het vanmiddag warm geraak in Nasionale Vergadering toe die arbeidsminister Utoni Nujoma die PDM-president McHenry Venaani gevra het wanneer hulle die lede van die publiek se geld sal terugbetaal. Nujoma het die vraag gevra na aanlyding van die PDM-raadslid Rodman Katjiamo, wat na bewering lede van die publiek uit amper 13 miljoen Namibiese dollar bedrieg het met ‘n reis na die Statebondspele, wat nooit afgekom het nie. Katjiamo is deur die party geskors en ‘n verhoor sal gehou word. Venaani het hom vererg…

Hy wou ook by Nujoma weet wanneer Swapo die gesteelde Fishrot-fondse, wat die party volgens Venaani gebruik om hy hoofkantoor te bou, terug gaan betaal.