Inflasie en vervoer… o wee

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dat vervoer, wat 14,3 persent aan die verbruikersmandjie bydra, die hoof komponent is wat inflasie aandryf. Vervoer het met 23,2 persent in Augustus vanjaar gestyg, teenoor 6,2 persent in dieselfde tydperk verlede jaar. Die koste om vervoertoerusting te gebruik het met 35,4 persent in Augustus toegeneem teenoor 10,3 persent in Augustus 2021. Dit word toegeskryf aan die hiperinflasie van brandstof wat op 63,1 persent in Augustus vanjaar aangeteken is teenoor 16,4 persent verlede jaar. Openbare vervoer is 6,4 persent duurder teenoor ‘n inkrimping van 8,7 persent verlede jaar. Die koste van ‘n nuwe voertuig het met 5,5 persent gestyg teenoor 8,7 persent wat in Augustus 2021 gemeet is.