ACC reageer op Korrupsie-persepsie-indeks

Namibië lê 49ste uit 180 lande op Transparency International se 2022 Korrupsie-persepsie-indeks. Die aanwyser plaas 180 lande, volgens die publiek se waarneming wat korrupsie betref, op ‘n skaal van nul wat hoogs korrup is, tot 100 waar geen korrupsie plaasvind nie. Die grootste deel van die wêreld misluk steeds in die stryd teen korrupsie. Altesaam 95 persent lande het sedert 2017 min of geen vordering gemaak nie. Volgens die indeks is Denemarke die mins korrupte land en Somalië die mees korrupte. Namibië het in 2021 49 uit 100 punte op die ranglys gekry, wat beteken dat daar nie juis vordering in die stryd teen korrupsie gemaak is nie. Die direkteur-generaal van die kommissie, Paulus Noa, deel sy reaksie met Kosmos 94.1 Nuus.