Veldtog vir padveiligheid vir voetgangers

‘n Nuwe veldtog vir voetganger-veiligheid is deur die Nasionale Padveiligheidsraad, in samewerking met Express Credit vandag van stapel gestuur. Voetgangers, veral in armer gebiede, en om skole, bly ‘n uitdaging en statistiek dui aan dat voetgangers betrokke is by ongeveer 25 persent van alle ongelukke. Ambrosius Tierspoor, die kommunikasie-hoof van die padveiligsheidsraad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.