Bees-vervoerverbod in SA opgehef 

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, het besluit om die landwye verbod op die verskuiwing van beeste op te hef. Die verbod van 21-dae is ingestel in ‘n poging om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom. Didiza sê haar besluit is gegrond op die werk wat die Staatsveeartsenydienste, privaat veeartse en dieregesondheidstegnici gedoen het. Haar woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die samewerking van tradisionele leiers, gemeenskappe en die polisie het ook gehelp om die verspreiding te beperk: