Alcaraz wen langste wedstryd van VSA Ope 

Carlos Alcaraz van Spanje en die Amerikaner, Frances Tiafoe, het albei deurgedring na hulle eerste halfeindwedstryde by ʼn Grand Slam-toernooi op die Amerikaanse Ope. Alcaraz het Jannik Sinner van Italië in vyf-uur en 15-minute met 6-3, 6-7, 6-7, 7-5 en 6-3 verslaan in die tweede langste wedstryd in die geskiedenis van die Amerikaanse Ope. Tiafoe het sy oorwinning oor Rafael Nadal van Spanje opgevolg deur Andrey Rublev van Rusland met 7-6, 7-6 en 6-4 uit te skakel.