Veldbrande hou nie reën weg nie

Die Namibiese ekoloog dr. Peter Cunningham sê daar is geen wetenskaplike bewyse dat veldbrande reën negatief beïnvloed nie. Namibië is in die middel van sy brandseisoen en net in die afgelope twee weke is daar reeds 143 000 hektaar verwoes in 27 vure wat deur die omgewingsministerie bevestig is. Volgens Cunningham is daar ander oorsake vir veldbrande sowel as ander impakte.