Belarus, Rusland, Oekraïne vat Vredesprys

Een persoon en twee organisasies deel vanjaar se Nobelprys vir Vrede. Hulle is die Belarussiese burgerlike leier en voormalige gewete-gevangene, bekend vir sy werk vir die Viasna-menseregtesentrum, Ales Bialiatski, sowel as die Russiese menseregte-organisasie, Memorial, en die Oekraïnse menseregte-organisasie, Centre for Civil Liberties. Die Noorse Nobel-instituut sê die bekroondes verteenwoordig die burgerlike samelewing in hul vaderlande en het vir baie jare die reg bevorder om mag te kritiseer en die fundamentele regte van burgers te beskerm. Die toekenning se prysgeld beloop 16,4 miljoen Namibiese dollar.