Mosiehof: 87 aansoeke met 36 deur banke

Die mosiehofrol het vanoggend 87 aansoeke vir verstekvonnisse hanteer met kommersiële banke wat 36 van die aansoeke gebring het. Daar was ‘n totaal van 22 reël 108 aansoeke. Die sessies is deur regters Nate Ndauendapo en Orben Sibeya hanteer. Banke eis 17 onbetaalde eiendomme, met skuld ter waarde van 20 miljoen Namibiese dollar terug, terwyl 13 onbetaalde lenings ter waarde van net minder as 10,5 miljoen dollar, nou betaalbaar is. Ses voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie, sal regter Eileen Rakow 31 onverdedigde egskeidings hanteer.