Veldbrande eis vanjaar reeds byna 1,5 miljoen hektaar

Volgens die Namibiese omgewingsministerie het veldbrande tot dusver vanjaar reeds byna 1,5 miljoen hektaar weiding in die land geëis. Talle veldbrande woed tans regoor die land. Die bosboudirekteur in die ministerie, Johnson Ndokosho, sê veldbrande het verlede jaar 3,4 miljoen hektaar weiding afgebrand. Die ministerie het weer ‘n beroep op Namibiërs gedoen om versigtig te wees wanneer vure gemaak word. Ndokosho sê met die reën wat so laat kom, moet weiding vir vee beskerm word.