Malaria kom saam met die reënseisoen

Namibiërs sien uit na die reënseisoen, maar daarmee saam kom ook ‘n toename in muskiete wat weer tot gevalle van malaria in malaria-geteisterde gebiede lei. Die voormalige gesondheidsminister en malaria-kenner, dr. Richard Kamwi, sê ‘n toename in malaria-gevalle kan na die reënseisoen verwag word. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiërs wat simptome van malaria toon, moet dadelik hospitaal toe gaan.