DA vra wat is regering se plan met beurtkrag

Die DA sê kommer bestaan dat die land bedreig word deur ‘n nasionale algehele kragonderbreking. Cilliers Brink van die DA sê die op die nippertjie-ingryping om die instandhouding en hervulling van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad se Eenheid 1 tot Saterdag uit te stel, verwyder nie die bedreiging nie. Die party doen ‘n beroep op die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini Zuma, om ‘n raadgewende kennisgewing uit te reik wat die Nasionale Rampbestuursentrum op ‘n waarskuwende gereedheidsgrondslag plaas.