Veldbrand op Kalkfeld-pad

‘n Veldbrand het op die Kalkfeld-pad vanaf Omaruru sowat 60 kilometer voor Otjiwarongo uitgebreek. Volgens Marshal Ranger Sean Naude word die brand deur sterk wind aangedryf, maar hy sê boere is op pad om die brand te help blus.