Moordbeskuldigde van Gobabis-boer borgtog geweier

Rodney Hoxobeb, die 26 jarige verdagte wat aangekla word van die moord op sy werkgewer, ‘n bekende boer in die Otjombinde-kiesafdeling, die 66-jarige Christof Mungunda, het vandag sy eerste hofverskyning in die Gobabis-landdroshof gemaak. Hoxobeb is borgtog geweier aangesien die staat van mening is dat die beskuldigde met die ondersoek sal inmeng. Mungunda is Vrydag met die houthandvatsel van ‘n byl oor die kop geslaan en daarna is ‘n groot klip op sy kop laat val wat tot sy dood gelei het.