Veldbrand in Etosha het geen wild geëis

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het bevestig dat die veldbrand in die Etosha Nasionale Park onder beheer is. Hy het bevestig dat geen wild doodgebrand het nie en net dooie bome nog smeul. Beamptes sal nou waarnemings doen om die skade en die grootte van die gebied wat gebrand het, te bepaal.