Deense verdagte skiet glo vyf mense met pyl en boog dood in Noorweë

Die verdagte wat aangekeer is nadat vyf mense met ‘n pyl en boog doodgeskiet is in Kongsberg, Noorweë, is ‘n 37-jarige Deense burger wat hom tot Islam bekeer het. Polisiehoof Ole Bredrup Sæverud het ook onthul hulle het vroeër met die man gepraat oor vrese dat hy geradikaliseer is. Hy wou nie sê waarvan die man aangekla word nie. Vier vroue en ‘n man van tussen 50 en 70 is dood in die aanval in ‘n supermark, maar Sæverud sê dit gaan tyd vat om hulle formeel uit te ken.