Veld-epidemiologie en laboratorium-opleidingsprogram kry akkreditasie

Namibië se veld-epidemiologie en laboratorium-opleidingsprogram is ge-akkrediteer deur Tephinet, ‘n internasionale netwerk vir epidemiologie en openbare gesondheids-intervensies, het gesondheidsminister Kalumbi Shangula aangekondig. Die minister sê dit verteenwoordig erkenning dat die opleiding op internasionale standaard is. Rachel Coomer het namens die Centers for Disease Control and Prevention in Namibië gesê die Amerikaanse regering het sedert die begin van die program in 2012 deur die Amerikaanse CDC met die ministerie saamgewerk. Die verwerf van die Tephinet-akkreditasie beklemtoon Namibië se plek in globale siekte-opsporing, sê Coomer. Sedert die program se stigting is meer as 200 Namibiërs opgelei in óf die eerste-linie- óf die gevorderde kursus.