Hoe meer abattoirs, hoe beter vir landboubedryf: Thieme

Sven Thieme, voorsitter van Ohlthaver en List, het gereageer op aanmerkings deur Mecki Schneider van Savanna Beef Processors. Schneider het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Brukkaros-abattoir by Keetmanshoop sal benut word en omdat daar fasiliteite is vir skaap-verslagting, sal hulle ook ondersoek instel na uitvoerskaap. O&L se Hartlief het pas Farmers Meat by Mariental bekom en bou aan sy skaap uitvoermark. Thieme ag nie die nuus as kompetisie nie en sê dit is goed vir die landboubedryf in sy geheel.