Veiligheidsraad van die VN vergader môre oor geweldpleging tussen Israel en Palestyne

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gaan môre die toenemende geweldpleging tussen Israel en Palestynse militante in die openbaar bespreek. Diplomate het ‘n kompromie bereik oor Amerikaanse besware teen die tydsberekenening van die bespreking. Die vyandighede duur nou die sesde dag, met geen teken dat dit afneem nie. Reuters berig die raad se 15 lede het dié week twee keer privaat vergader oor die ergste vyandighede in die streek in jare, maar kon tot dusver nie ooreenstem oor ‘n openbare verklaring nie.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *