Mafwe tradisionele owerheid vra meer duidelikheid oor grensooreenkoms met Botswana

Die Mafwe tradisionele owerheid in die Zambezi-streek het in ‘n verklaring ‘n beroep op die Namibiese regering gedoen om meer duidelikheid te verskaf oor die 2018 grens- ooreenkoms met Botswana in die lig van die aanvalle op burgers van die land deur die Botswana weermag. Hoofman George Simasiku Mamili vra dat die regering onder andere ‘n grenskaart wat die ooreenkoms staaf beskibaar moet te stel omdat sy owerheid nie die ooreenkoms aanvaar nie omdat hulle volgens hom nooit daaroor geraadpleeg is nie, en dat daar ‘n vergadering gehou moet word om gemeenskappe wat geraak word volledig op hoogte te bring. Die Namibiese weermag word ook versoek om op die grens en nie tussen inwoners kamp op te slaan nie. Hoofman Mamili wys ook daarop dat sy owerheid sal voortgaan om die skakel tussen sy mense en die regering te wees.