Veiligheid van Wes-Kaapse boere ‘n prioriteit 

Die Wes-Kaapse departement van landbou sê terwyl die feestyd nader kom, bly die veiligheid van produsente, landbouwerkers en landelike gemeenskappe ‘n prioriteit. Die landbousektor is ‘n noodsaaklike bydraer tot die algehele ekonomiese groei van die provinsie en speel ‘n deurslaggewende rol in die skepping van werksgeleenthede. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, sê sy departement is vasbeslote om aanvalle op boere en landbouwerkers te voorkom. Hy sê hulle moet ook die ernstige probleem van geslagsgeweld en vrouemoord in landelike gemeenskappe stop.