Derde verdagte in Lockerbie-bom in VSA in aanhouding

‘n Libiese man wat beskuldig word dat hy gehelp het om die bom te maak wat Pan Am vlug 103 in 1988 oor die Lockerbie-dorpie afgeskiet het, is nou in Amerika in aanhouding. Die aanval het 270 lewens geëis toe die bom op ‘n vlug van Londen na New York bo die Skotse dorpie ontplof het. Mohammed Abouagela Masud, ‘n gewese Libiese intelligensie-beampte, word deur Amerika beskuldig dat hy die tydmeganisme gestel het van die bom wat die Boeing 747 vernietig het en dat hy die derde man in die komplot was in die grootste terroriste-aanval tot op hede op Britse grondgebied.