Digitale migrasieprogram sal drie maande in SA neem

Die departement van kommunikasie en digitale tegnologie in die buurland sê dit sal drie maande neem om dekodeerder-installasies vir die digitale migrasie-program te voltooi. Van verlede maand af het die departement 185 382 uitstaande installasies, met inagneming van alle dekodeerder-registrasies tot 30 September. Minister Khumbudzo Ntshavheni sê die migrasie van analoog na digitaal is van kritieke belang om te verseker mobiele operateurs kry toegang tot ‘n spektrum wat geskik is vir die ontplooiing van breëband-dienste.