Veiligheid rondom spoorlyne plaaslik in die soeklig

TransNamib hou dié week hul spoorveiligheidsweek-veldtog. Die bewusmakingsveldtog fokus op veiligheid en die omgewing. TransNamib reik tydens die veldtog uit na motoriste, leerders, voetgangers, vragmotorbestuurders, gemeenskappe wat naby die spoorweë woon, en die gemeenskappe waarin hulle landwyd werk. Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder sê mense wat op spoorlyne sterf of beseer word, is dikwels broodwinners in hul gesinne en belangrike bydraers tot die ekonomie in die algemeen.