Transnet: SA se reputasie word internasionaal beskadig

Die Federasie vir die Staal- en Ingenieursbedryf in Suider-Afrika, SEIFSA, doen ‘n beroep op Transnet en vakbonde om die skadelike loonstaking op te los. Die liggaam se bedryfshoof, Tafadzwa Chibanguza, waarsku miljarde kan regoor al die sektore verlore gaan. Hy het ook beklemtoon die staking hou ‘n reputasie-risiko vir internasionale kliënte in: