Veilige bande, veilige reis
Die Motorvoertuigongelukke Fonds doen ‘n beroep op die publiek om veilig te bestuur en ongelukke te vermy, veral namate die feestyd nader kom. Die fonds se senior ongeluksvoorkomings-beampte, Abner Iitumba, het by ‘n bewusmakingsveldtog oor motorbande in Oshivelo bestuurders aangemoedig om hul bande na te gaan voordat hulle op reis gaan. Hulle moet ook kyk of hulle ligte en flikkerligte werk. Hy sê dis belangrik om met goeie bande te ry wat teen die regte lugdruk gepomp is. Die veldtog sal tot einde Januarie in die noorde gehou word.