Sandy Hook-ouers vra nog geld van Alex Jones

Families van slagoffers van die Sandy Hook-massaskietery in 2012 het ‘n regter in Connecticut gevra om Alex Jones te beveel om skadevergoeding te betaal bo en behalwe byna 1 miljard Amerikaanse dollar wat ‘n jurie sê hy skuld. Jones het valslik beweer dat die skietery ‘n klug is en geskep is om Amerikaners se wapens af te vat. ’n Prokureur vir Jones, Norm Pattis, sê hy is vol vertroue dat die uitspraak op appèl omgekeer sal word. ’n Jurie het vroeër vandeesmaand familielede van die slagoffers 965 miljoen Amerikaanse dollar ain skadevergoeding toegeken. Twintig kinders en ses personeellede is by die laerskool in 2012 doodgeskiet. Die jurie het bevind dat Jones en Infowars se moedermaatskappy Free Speech Systems ook skadevergoeding moet betaal, wat volgende maand deur ‘n regter bepaal sal word.