Veediewe steeds soek

Die Kunene polisie sê twee verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle 8 bees gesteel en geslag het is steeds soek. Een verdagte is in Outjo in aanhouding. Die karkasse van die diere, met ‘n beraamde waarde van 90 000 Namibiese doller, is Maandag op Plaas Tsamis in die Outjo distrik gevind. Plaaswerkers het op die vleis wat in bome gehang het afgekom en owerhede ingelig. Die polisie se ondersoek duur voort. Boere is weer gemaan om nie direk kontak met stropers of wilddiewe op hulle plase te maak nie en eerder owerhede te skakel. Die misdadigers is normaalweg gewapen.