SANDF het nuwe hoof

President Cyril Ramaphosa het Luitenant-Generaal Rudzani Maphwanya as die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aangestel, vir ‘n tydperk van 5 jaar. Die huidige hoof van die Weermag, Generaal Solly Shoke, tree aan die einde van die maand af. Ramaphosa het verskeie aanstellings in die militêre bevel aangekondig…