Veediefstal rondom Leonardville is onder beheer

Daar was gerugte dat die uraan-eksplorasie naby Leonardville allerhande werksoekers na die gebied lok wat op sy beurt, na ‘n toename in veediefstal gelei het maar, volgens Jenz Muller van Leonardville Crime Prevention, is dinge onder beheer. Die Omaheke-streek het oor die algemeen groot uitdagings met veediefstal gehad wat ook ongeveer twee jaar gelede, gesindikeer was met amper 9 miljoen Namibiese dollar in verliese. Volgens Muller is daar gereeld sake maar dit gaan oor die algemeen goed.