Covid muteer vinnig – uitbrekings is onvoorspelbaar

Die Britse verteenwoordiger van die Wêreldgesondheidsorganisasie, dr. David Nabarro, sê Covid muteer meer gereeld as byvoorbeeld verkoue of griep en dit is hoekom daar sporadiese uitbrekings is. Nabarro sê die griepvirus is meer voorspelbaar en daarom is dit steeds nodig om versigtig te wees.

Brittanje sukkel op die oomblik met hoë gevalle van Covid en daar is onlangs aangekondig dat een uit elke 30 landsburgers die virus het.