Wêreldbank gee US$100m vir Soedan vir kos

Die Wêreldbank het ingestem om 100 miljoen Amerikaanse dollar aan die die Verenigdie Nasies se Wêreldvoedselprogram te gee vir ‘n voedselvoorsiening in Sudan. Die program, waarvan die finansiering van die Europese Unie, Verenigde Koninkryk, Saoedi-Arabië en verskeie ander Westerse lande kom, het ten doel om twee miljoen Soedanese van kontant en kos te voorsien. Na ‘n staatsgreep in Oktober verlede jaar het die Wêreldbank sy bedrywighede in Sudan opgeskort. Die bank sê dié fondse sal direk deur die voedselprogram onttrek word.