Veediefstal: Publiek moet beter samewerking gee

Veediefstal neem volgens berigte oral in die land toe en daar is geen keer aan die uitdagings wat boere beleef nie. In die Suide van die land sê Christiaan Swartbooi, die boerevereniging se verteenwoordiger, dat die gemeenskap beter samewerking moet gee om meer sukses te behaal.