Miljoene in huurgeld aan TransNamib geskuld

Plaaslike berigte lui dat huurders TransNamib meer as 20 miljoen Namibiese dollar skuld. Die maatskappy, wat teen ‘n verlies van rondom 10 miljoen dollar maandeliks loop, het onlangs ook veilings van, van sy bates van 2,6 miljard dollar gehou. Die woordvoerder, Abigail Raubenheimer sê die kwessie van uitstaande huur word aangespreek. Die kwessie geniet reeds sedert 2018 aandag met verskeie huurders wat skuld erken het en ooreenkomste geteken het in die verband. Ander het die eiendomme verlaat. Maar, uitdagings duur voort en Raubenheimer sê die maatskappy se finansiële departement spreek dit aan.