Outa sê regering moet ophou ‘praat’ oor staatskaping

Die buurland se Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê die land het meer as lippediens nodig om staatskaping ongedaan te maak en te voorkom. President Cyril Ramaphosa het Sondag uiteengesit hoe die regering die staatskapingskommissie se aanbevelings gaan instel. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê hulle glo die uitslag van die ANC se verkiesingskonferensie kan ‘n rol speel in die instelling van die aanbevelings, en dit sal afhang wie wen. Hy sê dis moontlik die rede waarom Ramaphosa ‘n goeie geleentheid verspeel het om nou daadwerklik op te tree: