Veediefstal in Namibië bly ‘n tameletjie

Veediefstal bly ‘n toenemende uitdaging in Namibië. Soos wetstoepassings-agentskappe en boere-gemeenskappe steeds die stryd teen veediewe stry, lyk dit nie of die situasie makliker word nie. Christiaan Swartbooi, die boerevereniging se verteenwoordiger in die suide van Namibië wat ook op die veediefstal-komitee dien, doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om veediewe vas te trek. Kosmos 94.1 Nuus het met Swartbooi gepraat.