WNNR: Tien jaar om SA beurtkrag-vry te maak

‘n Navorser van die Wetenskaplike en Nywerheid-navorsingsraad, Monique le Roux, verduidelik dat dit tans onmoontlik is om beplande groenkrag-aanlegte aan die Suid-Afrikaanse elektrisiteits-netwerk te koppel. Sy sê dat dit tot 10 jaar kan neem om Suid-Afrika beurtkrag-vry te maak, as gevolg van Eskom se verouderde kragnetwerk-transmissie-infrastruktuur. Le Roux meen dat die krag-infrastruktuur broodnodige instandhouding vereis. Indien groenkrag-projekte soos wind- en sonkrag in die Suide gebou word, sal dit nie moontlik wees vir die infrastruktuur om die kragvloei te hanteer en te herlei na plekke waar dit nodig is nie.