Rugby: Drie Cravenweek-seuns toets positief vir verbode middels

Rugby: Drie seuns wat in Julie deelgeneem het aan die Cravenweek in Kaapstad, is vir drie jaar uit die sport geskors nadat hulle positief getoets het vir verbode middels. Twee van die spelers, wat op die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport se webwerf genoem word, is die Leeus-stut, Sifiso Magwaza van die Hoërskool Monumentpark, en die Vrystaatse-haker, Kamo Mathibedi van Grey-kollege. Die derde speler is minderjarig. ‘n Varsitybeker-speler, André Gerber van die Nelson Mandela-Universiteit, het ook ‘n drie-jaar-skorsing vir verbode middels ontvang.