Veediefstal in die Suide: ‘daar’s altyd ‘n mark vir goedkoop skaapvleis’

Veediefstal in die suide van Namibië, veral in die Grünau-gebied, is van groot kommer vir boere. Volgens Dolf de Wet, ‘n boer in die gebied, is in die gebied net klein hoeveelhede vee gesteel, maar veediefstal het toegeneem. Kommersiële en kommunale boere landwyd ly hewige verliese weens veediefstal. Daar is vermoedelik sindikate van veediewe wat in verskillende dele van Namibië bedrywig is. De Wet praat met Kosmos 94.1 Nuus.