VN moenie Taliban-administrasie erken nie

Die Afghaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, Ghulam Isaczai, het ‘n beroep op die VN gedoen om nie enige administrasie wat die Taliban vorm, te erken nie. Dit volg nadat die Taliban die Afghaanse hoofstad Kaboel ingeneem het. Duisende mense het van ander dele van die land waar die rebelle aktief was, vir veiligheid hierheen gevlug. Isaczai sê die Veiligheidsraad moet alles in sy vermoeë doen om te verseker dat Afghanistan nie in ‘n burgeroorlog verval nie.