Veediefstal: Hou op oor die telefoon boer, kom by jou diere

Die Zambezi polisie-woordvoerder, inspekteur Kisco Sitali het ‘n beroep op boere in die streek gedoen om, soos hy dit beskryf, nie oor die telefoon te boer nie, maar eerder meer gereeld hulle vee en grond besoek. Dit kom na 16 bees uit Zambië gerepatrieer moes word na ‘n geval van diefstal aangemeld is. Veediefstal in die streek neem, nes elders in die land, toe.