Kapofi gesels met Kosmos 94.1 Nuus vanuit Angola waar hy waarneem

Die Namibiese minister van verdediging, Frans Kapofi is in Angola as deel van die SAOG-sending wat die verkiesings in die buurland monitor. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê dinge is effe anders daar en dit lyk anders as verkiesings in Namibië.

Die buurland se burgers stem vandag vir ‘n nuwe president en parlement en dit wil voorkom as President João Lourenço van die MPLA, wat ook voorkeur gegee het aan korrupsiehervormings sedert hy in 2017 aan bewind gekom het die gunsteling is. Hy kom te staan teen  Adalberto Costa Júnior van die rebelle-opposisiegroep, Unita.