Veebemarking styg met 14%

Slagting en uitvoere van vee gekombineer het met 39,9 persent op ‘n jaargrondslag in die tweede kwartaal van 2022 toegeneem vergeleke met die tweede kwartaal in 2021, volgens Simonis Storm se landbouverslag van Augustus. Gedurende die eerste twee maande van die derde kwartaal van 2022, het totale veebemarking met 14 persent op ‘n jaargrondslag gestyg vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Volgens Simonis Storm dui dit daarop dat die derde kwartaal van 2022 groot potensiaal het om by te dra tot die veesektor se BBP-groeikoers, aangesien vee sowat 35 persent van die bedryf uitmaak.