Botswana gaan 10 000 beeste slag weens bek-en-klouseer 

Botswana, ‘n top-beesvleis-uitvoerder na die Europese Unie, beplan om sowat 10 000 beeste te slag om ‘n uitbreking van bek-en-klouseer te stuit. Die eerste groot uitbreking in twee jaar het die land gedwing om alle beesvleis-uitvoere op 24 Augustus op te skort. Botswana voer jaarliks sowat 9 000 ton beesvleis na die EU uit. Volgens Molebatsi Molebatsi, assistent-minister van landbou, sal 9 757 beeste na verwagting in noordoostelike dorpe wat aan Zimbabwe grens, geslag word.