DA sal Suid-Afrikaners beskerm teen elektrisiteitskrisis

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die DA-regering sal met sy koalisievennote regoor die land oorleg pleeg oor hoe om te verseker burgers word teen die huidige elektrisiteitskrisis beskerm. Die DA-leier het tydens ‘n virtuele toespraak aan die land gesê dit het tyd geword vir ingrypende optrede. Steenhuisen het ook die Wes-Kaapse regering geluk gewens met sy pro-aktiewe maatreëls om die uitwerking van beurtkrag op inwoners te verminder.