Vatikaan moet seskuele uitbuiting van kinders stop

Die Verenigde Nasies se menseregte-kenners het ‘n beroep op die Vatikaan gedoen om stappe te doen ten einde die seksuele uitbuiting van kinders in Rooms-Katolieke instellings te voorkom. Die kenners sê hulle is ook bekommerd oor maatreëls wat die kerk ingestel het om vermeende oortreders te beskerm, hulle misdade te verdoesel, die aanspreeklikheid van oortreders te verhinder en vergoeding aan slagoffers te omseil. Hulle sê ook die Vatikaan moet sy volle samewerking in die betrokke lande gee en nie ooreenkomste onderteken ten einde aanspreeklikheid te systap vir lede van die kerk wat van mishandeling aangekla is nie.