Recon skenk N$15m vir Covid

Die kantoor van die Namibiese eerste minister het 15 miljoen Namibiese dollar van Kanadese oliereus, ReconAfrica, ontvang. ReconAfrica se woordvoerder, Ndapewoshali Shapwanale, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die maatskappy besef dat dit nie net gaan oor hulp vir entstowwe nie, maar dat die program bewusmaking insluit.