Shanghala, Esau: VSA het bewys van korrupsie

Owerhede in die VSA het onlangs die twee voormalige ministers, Sacky Shanghala en Bernhardt Esau as persona non grata verklaar. Die twee, deel van die Fishrot-beskuldigdes is die enigstes in die groep wat deur die VSA geteiken is. Luidens die jongste berigte, het die Amerikaanse buitelandse minister Antony Blinken genoegsame bewyse dat Shanghala en Esau betrokke was by beduidende korrupsie terwyl hulle senior poste in die regering beklee het. Die bevestiging van korrupsie is by verskeie bronne bevestig en daarom is die twee geteiken. Esau se vrou Swamma en sy seun Phillipus is ook verbied om na die VSA te reis.