Varsity-beker fokus weer op geestesgesondheid

Vanjaar se Varsity-bekertoernooi gaan weereens die kollig op geestesgesondheid plaas, ‘n kwessie wat tydens die Covid-19-pandemie meer algemeen voorgekom het. Die toernooibestuurder, Xhanti-Lomzi Nesi, sê deur die SpeakUP-veldtog wil hulle spelers, aanhangers en die breë gemeenskap aanmoedig om meer bewus te word van hulle eie geestesgesondheid en om op te tree as dit nodig is. Die toernooi skop môre in Potchefstroom af met ‘n wedstryd tussen die Noordwes-Universiteit se Eagles en die Ikeys van die UK.