Putin en Biden gesels, niks verander nie

Die Russiese president Vladimir Putin en sy Amerikaanse eweknie, Joe Biden, het oor die Russiese militêre magsopbou ‘n gesprek gevoer, maar die oproep van ‘n uur het sonder ‘n deurbraak geëindig. Die Withuis hou vol Moskou gaan vinnige en ernstige gevolge sien as hy met sy aggressie voortgaan. Die Kremlin het op sy beurt, wat hy noem Amerikaanse histerie oor die konflik in die Oekraine, veroordeel. Biden sê hoewel Amerika bereid is om diplomasie in te span, is hy eweneens voorbereid op ander scenario’s. Die twee lande stuur af op een van die ernstigste krisisse in Oos-Wes-verhoudings sedert die Koue Oorlog.